Ek is 3 jaar geskei en het 'n tweeling (seun en dogter) van 8. Hulle Ma het einde verlede jaar Kaapstad toe getrek wat 150km van my af is. Die kinders is baie ongelukkig daar en wil terug trek hierheen en by my kom bly. Ek het hulle Ma gevra of daar 'n moontlikheid is dat so iets dalk eendag kan gebeur, maar haar reaksie was dat daar geen kans is nie en dat ek moet ophou om hulle te intimideer. Dit is beslis nie die geval nie. Ek was ingelig dat die nuwe kinderwet wat vanaf 1 April 2010 gewysig is en dat kinders vanaf 9 jaar kan kies waar hulle wil bly. Is die informasie korrek? Ek sou dit ook waardeer as julle kan help met wat my nou te doen staan.
Die hof sal eers na kinders luister teen omtrent 12+ jaar. Jy moet hulle maar so veel as moontlik probeer sien. Of verhuis ook soontoe.