Goeie dag
My seun was verloof aan 'n meisie. Sy het haar wek op gegee, want volgens haar was sy moeg om vir haar baas te werk oor die ure en salaris. Na 'n paar maande het sy swanger geword. Van die begin afwassy baie mislik teenoor my seun asof dit net hy is wat verantwoordelik is vir die swangerskap. Hy het die swangerskap fooi betaalwat die Dr wou gehad het en ook 'n uitstaande rekening van die Dr. Na sy terug gekom het van vakansie af het sy opgebreek met my seun. Hy het nog steeds waneer werk hom toelaat, na Dr's afsprake gegaan. Die kleintjie word nou die 6de April gebore. Sy het vir my seun gesê dat hy moet nie dink dat hy enigsins die dogtertjie gaan sien nie en dat sy hom gaan dagvaar. Hy het van die begin af gesê dat hy vir die kleintjie gaan sorg. Sy wil hê dat hy vir alles moet betaal. Hy het 'n medies en wil die kleintjie op sy fonds sit. Die ma wil nie dat die kleintjie sy van hê nie en sê hom die heeltyd hy moet dit koop en moet dat betaal. Sy het 'n uitstaande bloedtoets van haarself. Is my seun verantwoordelik vir die betaling van die toets. Hy wil graag sy kleintjie sien as sy gebore is, maar die ma wil hom nie toelaat nie. Mag hy darop aandring. Sy dreig net die heeltyd met 'n prokureer. Sy werk glad nie en is baie depresief, haar ma is ook baie depresief en werk nie en haar pa is slegs 'n sekuriteit wag. Ek weet nie wat gaan van my kleinkind word nie. Moet my seun al die onkostes van die kleintjie dra of moet die ma ook haar kant bring. My seun kry nie 'n grot salaris nie. Jammer oor die lang brief.
Jou seun hoef net redelik by te drae tot kostes. En hou rekord om later te bewys hy was betrokke. Hy het die volste reg om 'n volle verhouding met die kind te mag handhaaf. Hy moet die saak by die Kantoor van die Gesinsadvokaat aanhangig maak. Hulle sal volle ondersoek instel en dan 'n aanbeveling maak van waar die kind moet woon en watter toegang wie moet kry.